Om te begin: Waar begin 'n mens?

Wat doen jy wanneer jy nie meer weet wie jy is nie? Wanneer jou selfkonsep dof word en jou hele menswees vervaag tot in die niet. Waarin vind 'n mens jou selfkonsep weer? By jou geloof, vriende, stokperdjie of by jou familie?

Na my verjaarsdag hierdie jaar het ek weereens besef dat ek glad nie is waar ek gedink het ek op hierdie ouderdom sal wees nie. My selfkonsep was gebasseer op die beroep wat ek wou beofen het. Die vriende wat ek wou hê. Selfs drome oor die band waarin ek wou gewees het. Ek het gepraat en gedroom oor soveel goed wat nooit werwenslik is nie. 'n Mens het rêrig nie 'n idee hoe die lewe regtig is wanneer jy 18 is nie. Op die ouderdom van 18 het alles vir my so eenvoudig en maklik geklink.

Hier is ek nou 5 jaar later en wonder hoe ek ooit gaan wees wat ek diep in my hart wil wees. Ek het al soveel keer dieselfde preek gehoor van hoe mens moet waag en die lewe met altwee hande moet aangryp. Ek besef dat ek myself in soveel opsigte terughou. Ek probeer so hard om dit te doen. Maar hier is ek en ek twyfel sterk of ek werklik 'n egte en realistiese selfkonsep oor van myself het.

Die vraag is:" Waar begin ek in die konstruksie van 'n nuwe selfkonsep?"